68ste Oscar-toekenningsaand

  68ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 25 Maart 1996
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Whoopi Goldberg
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Braveheart
Meeste pryse  Braveheart (5)
Meeste benoemings  Braveheart (10)

Die 68ste Oscar-toekenningsaand is op 25 Maart 1996 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1995. Die aanbieder was Whoopi Goldberg.

Hoogtepunte van die aand was toe Christopher Reeve sy eerste openbare optrede maak nadat hy in ’n ongeluk verlam is, en ’n Oscar vir sy lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf aan Kirk Douglas, wat herstel het van ’n beroerte. ’n Huldeblyk is ook aan Gene Kelly gebring wat ’n maand voor die seremonie oorlede is.

Braveheart het vyf van die 10 Oscars gewen waarvoor dit benoem is, insluitende vir beste rolprent. Dit het egter geen akteursbenoemings gekry nie; die volgende beste prent wat dit reggekry het, was The Lord of the Rings: The Return of the King wat in 2004 altesaam 11 benoemings gekry het waarvan nie een vir ’n akteur was nie.


Developed by StudentB